TUINROETE NUUS - Die 144 ingeskrewe atlete wat op Dinsdag, 1 Maart op Oudtshoorn aan die Eden Tweekamp-kampioenskap deelgeneem het, het omtrent 'n dag van verskillende weerstoestande beleef, insluitend hitte, donderweer, hael, reën en mooi weer.
Die baangedeetel moes vir 20 minute gestaak word om die hael en reën kans te gee om te bedaar en toe moes die atlete in plasse water hardloop.
Baie van die jonger atlete het die pret daarin gesien en in die reën baljaar.
Na afloop van die medaljeparade is die Highgate Eden Tweekampspan van 90 atlete aangewys vir die SA Kampioenskappe wat op 1 en 2 April in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasvind.
Die organiseerders wens die volgende skole geluk:
Hoërskool Outeniqua en Laerskool George-Suid wat Eden se skolekampioene vir 2022 is.
Hulle verteenwoordig Eden in die skolekompetisie op die SA kampioenskap in Gqeberha.
Hoër Landbouskool Oakdale, Laerskool Outeniqua, Glenwood Privaatskool en Laerskool Wesbank neem ook aan die SA Skolekompetisie deel.
Die spanbestuur is Stephnie McKay, Dave van der Walt, Yvonne McKay en Jana Botha.
Atlete hardloop in plasse water.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'