Dié toep is ondersteunend tot AfriForum se Verkiesingswaarnemersmissie (VWM). Die VWM behels dat waarnemers, wat deur die organisasie aangestel en geregistreer is, op stemdag by meer as 150 stempunte sal wees om as waghond op te tree. Die waarnemers sal onder meer die stem- en telproses, asook die gedrag van kiesbeamptes waarneem. AfriForum is ook as waarnemer by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) geregistreer.
Die toep sal waarnemers in staat stel om die stemproses by die onderskeie stempunte aan die hand van 42 vrae korrek te evalueer en terugvoer te gee wat onmiddellik aan toepgebruikers beskikbaar sal wees om hulle deurlopend ingelig en op hoogte te hou. Dié vrae is deur ? onafhanklike verkiesingswetenskaplike opgestel. Die toep bied ook aan kiesers die opsie om self vrae oor hulle stem-ervaring te beantwoord, kritiek te lewer en klagtes in te dien.
“Op dié manier kan die publiek saam met die waarnemers ? waghondfunksie vervul en sáám werk om te verseker dat die stemproses regverdig, georden en in ooreenstemming met verkiesingsregulasies geskied. Verder sal die toep kiesers ingelig hou oor wat by elke stempunt aangaan en waar probleme ondervind word,” sê Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake.
AfriForum sal na afloop van die stemmery ? omvattende verslag opstel. Indien die waarnemers en publiek se bydraes geverifieer kan word, sal dit deel vorm van hierdie verslag.
Die vraelys kan ook op AfriForum se webtuiste afgelaai word, waarna die uitslae van die waarneming per e-pos aan verkiesings@afriforum.co.za gestuur kan word.