Daarom het Dalene Johannsen van Zwartkop, Centurion dié week besluit om ’n klag van nalatigheid teen die Unitas-hospitaal in Centurion te lê.
Haar dogter, Carla van der Vyver, het ook op die klagteswebwerf hellopeter.com ’n klagte teen die suster, wat tydens hul pa se afsterwe in die waakeenheid aan diens was, aangemeld.
“Want die suster, wie se naam op regsadvies weerhou word, ly glo, volgens haar eie erkenning, aan kroniese laringitis,” het Carla gesê.