NASIONALE NUUS - Na drie weke in intensiewesorg wag Mienke Mulder se ouers steeds op uitslae van verskeie toetse om te bepaal hoe hul dogter se herstel bewerkstellig kan word.
“Ons hou maar moed dat die dokters vir ons ‘n aanduiding kan gee oor wat presies hulle dink die oorsaak is dat sy sukkel om haar kos in te hou, want sy gooi nog baie op,” het Ryno, Mienke se pa gesê.
Volgens hom is haar dieet verander, en moet die gesin nou nog meer betaal vir haar melk en ander voeding.
“Ons het met een van die dokters gepraat en hy sê dat hy onder omstandighede tevrede is met Mienke se vordering, maar ons wil haar baie graag by die huis hê,” het Ryno gesê.
“Ons druk dat sy huis toe kom, want daar is maar baie kieme in die lug in ‘n hospitaal en ons sal haar graag weer by ons as gesin wil hê, maar tans is daar nog glad nie duidelikheid nie,” het hy gesê.