So het Chris Botha, ’n afgetrede assistent-kommisaris in die polisie (genl.maj.), aan Netwerk24 gesê.
Hy was vir die laaste 11 jaar van sy loopbaan direk betrokke by die opleiding van beamptes.
Boonop meen kenners dat die kandidate aan ’n onpraktiese kurrikulum vol “tierlantyntjies” blootgestel word.
Ná ’n vlaag voorvalle van polisiegeweld, meen kenners dat gebreke in die leerplan en maatskaplike kwessies moontlik tot voorvalle van polisiegeweld kan lei.
In die mees onlangse voorval is Khulekani Mpanza, ’n vermeende rower, in Krugersdorp deur vier polisiebeamptes geskiet.