HESSEQUA NUUS - Die vrou en dogtertjie wat gistermiddag, 14 Februarie grusaam in Melkhoutfontein vermoor is, se name is bekend.
Hulle is die 32-jarige Annemique Manho en twee-jarige Almique.
Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisie woordvoerder het Annemique op die vloer gelê en het veelvuldige steekwonde opgedoen, terwyl Almique se lewelose liggaam in ‘n bad met water gevind was.
“’n 32-jarige verdagte is in verband met die dubbele moord in hegtenis geneem,” het Pojie gesê.
Lees meer op susterskoerant, Suid-Kaap Forum
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'