MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het vanoggend op ‘n grusame toneel afgekom nadat die gemeenskap van KwaNonqaba ‘n vermeende moordenaar gisteraand in sy woning vasgekeer het en die woning met die man steeds binne-in aan die brand gesteek het.
Die oorledene het glo vroeër ‘n ander inwoner met ‘n mes doodgesteek. Ontstoke inwoners het toe na sy blyplek opgeruk.
Die voorval het in Mzolastraat plaasgevind en polisielede is steeds op die toneel besig om leidrade te fynkam.
Die Mossel Bay Advertiser het navrae aan die polisie gerig vir verdere inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'