Vergeleke met die derde kwartaal van 2014 het die land 74 000 minder mense in bestuursposte gehad (-5,5%), 117 000 minder beroepslui (-12,7%) en 97 000 minder mense in tegniese poste (-6,2%).
Dís van die verrassende statistieke in die kwartaallikse arbeidsmagpeiling (QLFS), wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Dinsdag bekend gemaak het.
Werkloosheidskoers
Die QLFS wys 5,4 miljoen Suid-Afrikaners sou graag wou werk, maar kry nie werk nie. In die derde kwartaal het die werkloosheidskoers met 0,5 persentasiepunte tot 25,5% gestyg.