MOTOR NUUS - Die Rebel-viertrekklub van George gaan Saterdag 16 Maart die gewilde Rheebok Stene-gruisgroef inspan vir hul volgende byeenkoms.
Dié baan leen hom tot hope opwinding en die viertrekkers se bestuursvernuf sal deeglik getoets word.
Die inskrywingsgeld per voertuig is R350 en begin reeds om 07:00. Die byeenkoms skop om 09:00 af.
Toegang vir volwassenes is R30 en gratis vir kinders onder 12.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'