TUINROETE NUUS - Die gereelde byeenkoms op Stilbaai waar ou motors blinkgevryf word vir Jan Alleman om te beskou en te begeer, is weer hier.
Een van die organiseerders, Johan Beetge, sê enigeen is welkom om Saterdag 30 Maart met sy ou motor by die Brugmark op Stilbaai te gaan spog.
Almal is ook welkom om te gaan kyk en lekker oor toeka se dae te gesels.
Die motors sal van 08:00 tot 13:00 uitgestal word. Vir meer inligting, skakel Beetge by 083 725 3790.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'