SUID-KAAP NUUS - Die Rebel-viertrekklub het verlede Saterdag by Kobra Transport op Mosselbaai sy laaste byeenkoms van die jaar aangebied.
Die uitslae was as volg:
D Klas
1. Michael Vermaak en Dirk Wilmot TT 39.15 (totaal 300.85) 2. Johan en Carol Maritz TT 37.43 (totaal 192.57).
C Swb
1. Ronald Zeelie en Ruhan Wessels TT 37.58 (totaal 322.42) 2. Anthea Fourie en Santa van der Merwe TT 37.37 (totaal 282.63) 3. Johan Meiring en Lientjie van der Merwe TT 34.11 (totaal 235.89).
C Lwb
1. Chris Meyer en Terence Pettit TT 31.71 (totaal 228.29) 2. Martin de Wet en Wayne TT 31.50 (totaal 178.50) 3. André Kirchner en Lizel Louw TT 30.63 (totaal 149.37).
CM
1. Koos la Grange en Morné de Kock TT 38.12 (totaal 201.88) 2. Johan Vogel en Anna Fourie TT 33.42 (totaal 196.58) 3. Arjan Wierenga en Jaques Innes TT 30.77 (totaal 129.23).
Chris Meyer en Terence Pettit bevind hulle in 'n knyptangsituasie. Dit het hulle nie afgesit of verhoed dat hulle met die louere in die C Lwb-klas kon wegstap nie.
BM
1. Fanie Grobler en JP TT 31.21 (totaal 228.79) 2. Jaandre en Mady Snel TT 32.94 (totaal 227.06) 3. Attie en Dwayne Erasmus TT 45.58 (totaal 214.42).
André Kirchner en Lizel Louw (30.63) het die vinnigste tydtoets in die Standaardklas afgelê en Fanie Grobler (31.21) die vinnigste tydtoets in die Ekstreemklas.
Hiervoor moet jy nie 'n bang haar op jou kop hê nie. Jaandre en Mady Snel het korte mette met dié hindernis gemaak en tweede in die BM-klas geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'