Gallery
GEORGE NUUS - Sowat 40 motortjies van oor die hele Wes-Kaap het Saterdag 23 November saam met die George Dirt Karting Club aan die Season of Battle-knortjorbyeenkoms in George deelgeneem.
Die wind en die hitte het die baan vinnig uitgedroog en moes dit omtrent na elke wedren natgemaak word. Ten spyte van die stof, is wedrenne van hoë gehalte in al die klasse gelewer.
Renjaers, sommige so jonk as sewe, het hulle vernuf gewys en hulle gate uit geniet. Dis verstommend om te sien hoe die jong mannetjies en meisies die karretjies om die baan gooi.
MUST Die Wing Cart-klas is gewen deur Anton van Zyl.
Verseker is hier tussen die kannetjies 'n Michael Schumacher in wording. In die 160cc standaardklas, die klas vir die jongspan, het 'n jong dame die manne gewys hoe dit gedoen moet word. Zani Prins het behoorlik stof in die manne se oë geskop.
Die senior klasse het ook hope opwinding gelewer. 'n Nuwigheid was die deelname van twee Wing Carts tot groot vermaak van die toeskouers.
Dankie aan Charl Walters, sy komitee en helpers van George Dirt Karting Club wat so 'n puik byeenkoms gereël het - een van die bes gereelde byeenkomste in 'n lang tyd.
Calvin Stacey het die super gemodifiseerdeklas gewen.
UITSLAE
Junior 160cc standaard:
1. Zani PrinsZone 7
2. Jano StassenZone 7
3. Cody ScholtzZone 7
Junior 160cc pro:
1. AJ KoenGeorge
2. Malan WaltersGeorge
3. Dian Malan Cape Oval
390cc standaard:
1. Chris van Wyk Zone 7
2. Niel KroonZone 7
3. Ruan du PreezZone 7
Die Junior 160cc proklas is gewen deur AJ Koen.
390cc gemodifiseerd:
1. Albert Olivier jr. George
2. Jaco StassenZone 7
3. Gunther MullerGeorge
Super gemodifiseerd:
1. Calvin StaceyCape Oval
2. Johan van der MerweGeorge
3. Jacques CrousZone 7
Wing Cart:
1. Anton van ZylCape Oval
2. Zim GeldenhuysenCape Oval
Spesiale toekennings:
Junior drywer van die dag: Linkken Broughton
Senior drywer van die dag : Johan van der Merwe
Ongeluksvoël van die dag:
Malan Walters
Kliek hier vir 'n fotogallery.
''Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'