MOTOR NUUS - Die aarde het behoorlik gebrul en gebewe onder die perdekrag van die klomp viertrekkers wat verlede Saterdag by Rheebok Stene aan die Rebel-viertrekklub se tweede byeenkoms van die jaar deelgeneem het.
Die uitdagende baan het die ryvernuf deeglik getoets en dit het tandekners van sommige deelnemers gekos om die taai hindernisse baas te raak.
Anthea Fourie en Sunel Eybers het die aksiefoto's vir die George Herald geneem.
Elmarie Spangenberg en Sheldon Coetzee klim gemaklik oor dié hindernis.
Karel en Helen Spangenberg beur uit teen die stywe bult.
Lindi en Fanie Grobler lanseer hul voertuig.
Marilise Spangenberg en Ruan Barnard vuur hier op alle silinders.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'