GEORGE NUUS - Die George-hengelklub hou hul deurnagderby van Saterdag 7 Desember 06:00 tot Sondag 8 Desember om 10:00.
Die derby vind plaas van die Sondagsrivier tot Witsand Breederivier. Die kompetisie vind plaas in riviere en van rotse en strande af, en dit sluit in die hengel van 'n boot af in die rivier.
Meer as R100 000 se pryse is op die spel en talle gelukstrekkings vir die hengelaars om te wen.
Daar sal lekker aktiwiteite vir die hele familie wees met baie pryse vir kinders tot en met 16 jaar en selfs vir die dames.
Kontak Ghion by 078 780 0530 vir kaartjies of navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’