Die kleuterskool het twee gekwalifiseerde kleuterskoolonderwysers in diens en twee vrywillige werkers, asook die bestuurder, Lenie Baadjies, wat toesig hou oor die babas.
Op Maandag, November 7 het die speaker van Eden Distriksmunisipaliteit, Doris Nayler, die burgemeester van Knysna Munisipaliteit, Georlene Wolmarans, asook personeel van Eden Distriksmunisipaliteit, die personeel en kleuters verras met ‘n besoek om verskeie items aan die kleuterskool te oorhandig.
Tydens die besoek het Jan Baadjies, mede-eienaar van die kleuterskool genoem, "Ons het reeds in die verlede aansoek gedoen vir ‘n NPO-nommer en die proses gaan binnekort afgehandel word. Sodra ons in besit van diè nommer is, sal die kleuterskool kwalifiseer vir ‘n subsidie." Intussen het raadslid Georlene Wolmarans die Eden Distriksmunisipaliteit genader om die noodsaaklike items wat deur die eienaars identifiseer is, te bekom.
By die geleentheid het Melanie Wilson, Eden se bestuurder van Sosiale Ontwikkeling, gesê, "Ons kon die items onmiddellik beskikbaar stel vir die Bubble Gummers-Kleuterskool, aangesien dit van die oorblywende items was van ‘n drie-jaar kleurskoolprojek van die vorige boekjaar by Eden."
Opvoedkundige materiaal, skryfbehoeftes, matrasse, komberse en wasbadjies is aan die kleuterskool oorhandig. Die items sal bydra om 'n toegeruste omgewing te skep waarin die kleuters behoorlik kan leer en ontspan.
.jpg)
Bubble Gummers-Kleuterskool het onlangs baie nodige items van die plaaslike Eden Distriksmunisipaliteit ontvan. Van links is Eden speaker, Doris Nayler, Busiswe Jacobs (Eden-amptenaar), Lenie Baadjies en Jan Baadjies (eienaars van Bubble Gummers-Kleuterskool), Georlene Wolmarans (burgemeester van Knysna), en Melanie Wilson (Eden se bestuurder van Sosiale Ontwikkeling) met die klein Bubble Gummers van Hornlee.