2 Rolle skilferkorsdeeg
1 Pakkie gesnipperde spek
1 Ui
250 g Sampioene
Drie soorte kase (gerasper)
Rol deeg uit op broodplank
Braai ui, en spek saam
Sit gebraaide uie en spek en rou sampioene op die deeg
Voeg die verskillende kase by
Vou die deeg toe om 'n pastei te vorm
Verf deeg met met eier en melkmengsel
Braai in toeknyprooster met randjies hoog bokant die kole vir ongeveer 15 minute tot goudbruin.
8 tot10 hoenderstukke
2 eetl gedroogde laventel
4 eetl olyfolie
4 eetl heuning
2 tiemie takkies
1 lemoen
sout
Strooi sout oor die hoenderstukke.
Kap die laventel en tiemie in klein stukkies.
Druk die sap uit die lemoen en rasper lemoenskil en meng met laventel en tiemie.
Marineer die hoenderstukke in die mengsel vir 30 minute tot 4 ure.
Braai op matige vuur tot gaar en bedien op basmati rys met groente en slaai.

