Gallery
TUINROETE NUUS EN GALERY - Eden Photographic Society (EPS) het op 10 Mei weer eens ‘n suksesvolle byeenkoms in die Diaz Hotel gehou.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings.
FOTOGALERY: Mei-maand se foto-inskrywings
Mei se voorgeskrewe onderwerp was Composites.
Wenfoto's
Die algehele wenfoto's van Mei is:
- Groep A wenner: Gerda Fouché se Die Bybel (ope afdeling).
- Groep B wenner: Sakkie Haarhoff se Sonsondergang (landskappe).
- Groep B naaswenners: Sakkie Haarhoff se Holy (voorgeskrewe onderwerp) en Gerald Nicholson se Groenland Farm (ope afdeling).
Meriete-toekennings:
- Fotojoernalistiek - Johan Steyn se High Speed Focus.
- Ope afdeling - Johan Steyn se Hungry Look.
- Ope afdeling - Gerda Fouché se Die Bybel.
Sterstatus bevorderings in EPS klub:
- Delene Rademeyer en Mari du Toit is bevorder na 3-ster status.
- Elaine van der Toorn is bevorder na 5-ster status.
- Anton la Grange en Carien Kruger is bevorder van meester silwer na meester goud.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na ons Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Kategroriewenner Groep A - Anton la Grange se Verkleurmannetjie op aanval (natuur).
Kategoriewenner Groep A - Elizabeth Nicholson se Sjampanje ontbyt op see (visuele kuns).