Advertorial
SAKENUUS - Caves-aftreeoord bied 'n stil, veilige omgewing vir enigiemand wat dit oorweeg om in die Klein-Karoo af te tree.
Die gewilde aftreeoord, wat reeds 13 jaar in Oudtshoorn is, het 'n onbelemmerde uitsig oor die Swartberge en bied net die beste fasiliteite vir inwoners.
Daar is reeds 44 huise en 46 woonstelle in die oord verkoop.
Volgens Liesl Neethling, bemarkingsbestuurder van die oord, beskik die oord oor 'n groot aantal groter huise met motorhuise, sowel as goed toegeruste tweeslaapkamerwoonstelle, van 71m² en enkelvertrekwoonstelle van 39m². Die motorhuise is 'n aparte 20m². Die uitleg van die tweeslaapkamerwoonstelle is prakties en baie ruim.
Neethling sê daar is tans sewe tweeslaap-kamerwoonstelle en twee enkelvertrekwoonstelle beskikbaar. Die enkelvertrekwoonstelle kos R584 000 per eenheid.
Die eenhede is goed geprys en beslis waarde vir geld.
Die oord bied 'n fantastiese versorgingseenheid met 23 beddens wat ook na persone wat aan Alzheimer's ly kan omsien. Buite pasiënte is ook welkom. Volgens Neethling betaal die inwoners R373 per maand vir die versorgingseenheidheffing en R135 per dag indien hulle dit gebruik.
"Daar is inwoners wat die versorgingseenheid langtermyn gebruik, maar ook die wat dit gebruik wanneer hulle byvoorbeeld van 'n operasie herstel."
Die oord het elektriese omheining, biblioteek, gemeenskapsentrum, swembad en ook twee braaiareas waar families kan saam kuier.
"Inwoners moet 50 jaar oud wees om in die oord te kan woon, maar diegene wat belangstel kan 'n huis of woonstel as belegging koop en verhuur."
Vir meer inligting, kontak vir Liesl by info@thecaves.co.za of skakel haar by 082 412 1038.
Die enkelvertrekwoonstelle wat tans by Caves-aftreeoord beskikbaar is.
Tweeslaapkamerwoonstelle beskik ook oor 'n toegeruste kombuis.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'