Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - Patio Warehouse spog deesdae met 'n splinternuwe winkel in George.
Dié familiebesigheid, wat nou ook 'n winkel oorkant die Garden Route Mall in Knysnaweg oopgemaak het, is ongetwyfeld die leier in die patiomeubelbedryf en bied die grootste verskeidenheid patiomeubels en bykomstighede in Afrika.
Patio Warehouse is op 'n Sondagmiddag gebore toe die Delport-familie besluit het om 'n familiebesigheid op die been te bring. Hul visie was spesifiek om patiomeubels en basies alles wat jy moontlik vir 'n patio nodig het, te verkoop.
Al drie kinders, Danie en Jacques Delport en Jeanné Holtzhausen, het destyds hul werk bedank en al hul energie gefokus op die opening van die land se heel eerste Patio Warehouse.
Sedertdien het hulle nog nie teruggekyk nie.
Hoewel almal nog baie jonk was, het die kinders goed onder die leiding van hul pa en voorsitter van die Patio Warehouse-groep, Michael Delport, saamgewerk.
In 2005 het hul droom 'n realiteit geword toe die eerste Patio Warehouse se deure in Junie daardie jaar in Randburg oopgemaak het.
Patio Warehouse in Knysnaweg oorkant die Garden Route Mall.
Deur harde werk en baie lang ure het hulle in 2008 takke in Kaapstad en Centurion begin.
In 2010 was hul deure oop in Somerset-Wes en in 2014 maak hulle 'n tak in Umhlanga oop.
Delport sê die opening van 'n Patio Warehouse in George was beide 'n persoonlike en strategiese besluit.
"Ek is baie opgewonde oor ons nuwe winkel in George.
"Ons hou al die afgelope 40 jaar vakansie aan die Tuinroete en ons was van mening dat hier 'n groot behoefte vir 'n winkel soos Patio Warehouse is," sê hy.
Patio Warehouse bied 'n wye verskeidenheid van patiomeubels en bykomstighede.
Patio Warehouse is 'n familiebesigheid, en die Delport-familie is passievol en vasbeslote om klante die beste gehalte meubels teen die beste pryse te bied.
Hul produkreeks is ook altyd op datum met die nuutste tendense en style.
Patio Warehouse bring styl en gehalte aan die buitelewe.
Skakel gerus die George-tak by 044 010 0102 of 087 825 1120 of besoek hul Facebook-blad en webtuiste vir meer inligting.
Patio Warehouse bied die grootste verskeidenheid patiomeubels en bykomstighede in Afrika.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'