Advertorial
TUINROETE NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is bekend vir die waardevolle insette wat hierdie tradisieryke hoërskool oor die periode van vyf jaar in die lewens van leerders belê.
Afgesien van 'n uiters hoë akademiese standaard waarop leerders kan staatmaak, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor 'n breë spektrum van lewensvaardighede en lewenskwaliteite. Hier word van seuns verantwoordelike jong mans gemaak.
Die breë vakkeuse bied studiegeleenthede in enige beroepsrigting. Die 2020 gr. 12- klas behaal 'n 100% slaagsyfer en 87 van die 89 matrieks behaal matrikulasie-vrystelling.
Twaalf leerders behaal gemiddelde A-simbole met Armandt Baard wat 94% gemiddelde behaal. 'n Totaal van 115 vak A-simbole word ook behaal.
Oakdale is 'n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns, vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool. Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline. Die Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigheid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.
Die landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring 'n nuwe ervaringswêreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie-ontwikkeling. Oakdale word bestuur soos 'n onderneming waar besigheidsbeginsels bydra tot die betrokkenheid van verskillende landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.
Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale-leerders word hoog-geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmanskap word hooggeag in die vorming van ons leerders se mondering.
Onderrig, sport en landboufasiliteite is van uiters hoë gehalte, bydraend tot die sukses wat Oakdale-leerders op alle terreine behaal.
Hier op Oakdale is die koshuis hul "huis" en die medeleerders hul broers. Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiastiese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as 'n belegging in die jeug en die toekoms van ons land.
Oakdale is meer as 'n skool, dit is 'n samelewing.
Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is 'n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns, vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'