"Die volstruisbedryf is in die produsent se hand en nie in die van enige instansie nie.
As die produsent droogmaak met die optrede wat deurlopend gevra word om die bedryf in stand te hou en markte oop te hou, sal die produsent self die prys betaal.
Verantwoordelike optrede en betroubaarheid is alles in die stryd teen die H5N2-virus.
Ons vra produsente se samewerking vir die toetsing van volstruise op enige plaas in die voorsieningsgebied." - Dr. Edwin Dyson, staatsveearts op George na die bevestiging van H5N2 by een volstruis op een plaas in die Oudtshoorn-distrik
"Die siekte onder volstruise moet as H5N2 Avian Influenza gesien word.
Dit is slegs een stam van Avian Influenza en die woord voëlgriep is nie van toepas-sing nie, omdat dit ander stamme insluit, wat nadelig is vir mense. H5N2 tas volstruise aan, maar nie mense nie en is ook nie skadelik vir mense nie.
Klein Karoo International (KKI) in Oudtshoorn het verbruikers verseker dat hul volstruisprodukte wat op winkelrakke is, volkome veilig is vir menslike gebruik." -Anton Kruger, uitvoerende hoofbeampte, SA Volstruisbesigheidskamer.
ARTIKEL: JAN GREYLING