Ek is 'n doodnormale Christenvrou wie by die dag meer bekommerd raak oor die PA se invloed in my dorp. Die is ‘n party wat voorgee asof hulle Christenwaardes uitoefen maar agerlangs is hul besig doelbewus sout van die aarde mense se onkunde uit te byt bloot om meer mag te verwerf.
Die waarheid is dat die PA se leier, Gayton Mackenzie, 'n vervolgde misdadiger en voormalige “gangster” is wie op meer as een geleentheid die binnekant van ‘n sel gesien het. Kyk net wat hy en sy party in Knysna aangevang het toe hul doelbewus die besluit neem om kop in een mus saam die ANC/EFF te steek.
Binne twee jaar is die dorp totaal en al vernietig terwyl munisipale dienslewering in duie gestort het. Dit het 'n punt bereik waar 'n lyk binne die dorp se drinkwater gevind is.
Maar die ANC, EFF, en hul nuwe maat die PA, het vrolik voortgeploeter en het self die nerf gehad om sommer óók belasting vir inwoners verhoog. Keer op keer het Gayton en sy vriende gewys hoe hul sal lieg en onskuldige inwoners manipuleer bloot om 'n additionele stem te verwerf.
Maar sodra hulle aan bewind is, sal hulle liewer met ander korrupte partye saamwerk vir hul eie gewin terwyl dorpe se koffers geplunder word. Ek bid net dat George nie dieselfde pad as Knysna sal volg nie.