SUID-KAAP NUUS - Die eerste reeks wedstryde in vanjaar se 190's spankompetisie van die Eden Senior Tennisvereniging, word Saterdag op George gespeel nadat dit op Saterdag 24 Maart weens reën uitgestel moes word.
Altesaam 28 spanne, 16 mans- en 12 vrouespanne, het volgens Ernst Kok, koördineerder van die kompetisie, vanjaar vir dié gewilde toernooi ingeskryf.
In die mansafdeling speel ses spanne in die A-afdeling en tien in die B-afdeling terwyl ses spanne in elk van die vroue-afdelings mekaar die stryd sal aansê.
Môre se wedstryde word op die sewe bane van die George-tennisklub en agt van PW Botha-kollege gespeel.
Spel begin om 08:00.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'