RUGBY NUUS - Die SWD-rugbyunie het na die eindstryde van die klubrugby op Saterdag 14 September die beste spelers van die verskeie ligas aangewys.
Die spelers van die jaar is as volg:
- Eerste Liga Wes: Raymond Esterhuizen (Bitou)
- Eerste Liga Oos: Charlton Prinsloo (Adias)
- Eerste Liga A (agterspeler): Jason Jonas (Happy Hearts) en Luigi Coetzee (Eagle Stars)
- Eerste Liga A (voorspeler): Jeremy Tamboer (Happy Hearts)
- Uitdaagbeker (agterspeler): Dailin Moos (Evergreens) en Gertwin Jonathan (Harlequins)
- Uitdaagbeker (voorspeler): Julian Treurnicht (Evergreens) en Nicolas Stephanus (Riversdal Blues)
- Superliga A (agterspeler): Eric Zana (Progress) en Ronaldo Fortuin (Blanco)
- Superliga A (voorspeler): Lyndon Hartnick (Heidelberg)
- Phangela/Sportbeat voorspeler van die jaar: Marquin Smart (Groot-Brakrivier)
- Phangela/Sportbeat agterspeler van die jaar: Roshwin Abrahams (Groot-Brakrivier)
Die Uitdaagbeker voorspelers van die jaar is van links: Bennie Jantjies (ontvang namens Nicolas Stephanus van Riversdal Blues), Ig van der Merwe (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU) en Julian Treurnicht (Evergreens). Foto: Ebrahim America
Die Eerste Liga A agterspeler van die jaar toekening word oorhandig deur Meryl Daniels (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU) aan Jason Jonas (Happy Hearts).
Die Phangela/Sportbeat voorspeler van die jaar is Marquin Smart (Groot-Brakrivier) saam met Neville Avontuur (Sportbeat). Foto: Ebrahim America
Dailin Moos (Evergreens) ontvang die Uitdaagbeker agterspeler van die jaar toekenning vanaf Julian Buis (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU). Foto: Ebrahim America
Die Eerste Liga Wes speler van die jaar toekenning word oorhandig deur Meryl Daniels (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU) aan Raymond Esterhuizen (Bitou). Foto: Ebrahim America
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’