KNYSNA NUUS - Knysna United-rugbyklub se A-pan het verlede Saterdag in Oudtshoorn vasgeval teen die Collegians-span in 'n fisieke wegwedstryd.
Collegians was teen rustyd met 19 - 5 voor, en alhoewel Knysna in die tweede helfte probeer terugveg het, moes hulle uiteindelik met 31 - 12 die knie buig.
Knysna se B-span het ook met 17 - 14 verloor ná hulle aanvanklik 7 - 0 voorgeloop het.
Volgens Knysna se afrigter, Desmond van Rooyen, sal sy span hul oorblywende tuiswedstryde móét wen om hul plek in die top 4 te verseker.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’