RUGBY NUUS - Een van die bekendstes in SWD-rugbykringe, Bevin Fortuin is vir eers verlore vir die streek. Hy is sedert Maandag 11 Maart die afrigter van die Northam Rhinos in Limpopo.
Fortuin het by navraag bevestig hy is die nuwe afrigter. Fortuin is 'n voormalige Springbok en was ook onder meer kaptein en afrigter van die SWD Arende. Hy was tot onlangs afrigter van die Blanco-klub.
Hy is Maandagaand amptelik verwelkom en het reeds 'n afrigtingsessie met die span gehad.
Die span speel Saterdag sy laaste vriendskaplike wedstryd van die voorseisoen en op 6 April sy eerste ligawedstryd.
Volgens Fortuin het hy by Phil Pretorius gehoor daar is 'n vakature. Pretorius is self iemand wat diep spore in SWD-rugby getrap het. Fortuin het voelers uitgesteek en hy het vir 'n onderhoud gegaan.
Die aanstelling is voorlopig vir 'n jaar, die 2024-seisoen.
Hy het gesê dit was 'n bitter moeilike besluit om by Blanco te bedank. "Ons het verlede jaar baie goed onder omstandighede gedoen. Baie goed is in plek gestel vir die jaar."
Oor die aanvaarding van die pos het hy gesê: "Ek was op soek na 'n nuwe uitdaging,
Hy het bygevoeg: "Ek sien uit na die nuwe uitdaging. Daar is baie potensiaal in die span."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’