RUGBY NUUS - Die SWD-Arende het gistermiddag, Saterdag 28 Maart, op Outeniquapark verras deur die Boland Kavaliers met 33 - 24 te klop.
Die eerste helfte het redelik gelykop verloop met die Arende wat vir 'n groot deel gebiedsvoordeel geniet het. Met die draaislag was die telling gelyk op 7 - 7 met nie een van die twee spanne wat juis oorheers het nie.
Ná rustyd het die Bolanders meer aanvallend begin speel en het hul agterlyn 'n paar keer groot bresse in die tuisspan se verdediging geslaan.
In een stadium het die besoekers met 21 - 7 voorgeloop en het dit gelyk of 'n groot nederlaag die Arende se voorland is.
Maar, die Arende het mooi teruggeveg en met 'n blitzkrieg van drieë in die laaste kwartier die besoekers se voorsprong verbygesteek om 'n welverdiende oorwinning te behaal.
Carlton Bannies (links) en Ulrich Stander, kookwater-losvoorspeler van die
Arende, trek 'n teenstander van die Boland plat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’