KNYSNA NUUS - Knysna se Wiaan Erasmus (o16) van die Hoër Landbouskool Oakdale het gedurende Februarie en Maart aan twee toernooie, wat deel was van die Hessequa-skaakproewe, deelgeneem.
Na afloop van die proewe is hy in die Hessequa-span opgeneem.By die Eden-skole skaaktoernooie het hy uitgeblink en is gekies om aan die Wes-Kaap skole-skaakkampioenskap vanaf 18 tot 20 Mei in Kleinmond te gaan deelneem.
Wiaan is nou opgeneem in die Eden-span vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap.
Die SAJCC 2018 vind hierdie jaar plaas vanaf 16 tot 20 Desember te Birchwood in Boksburg.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'