Die SWD Sportraad, die Departement van Kultuursake en Sport en die Munisipaliteit van George gaan saamspan om die SWD se sportlui vir hul prestasies in 2013 te vereer. Dié geleentheid is in die Burgersentrum in George op Vrydag 15 November en die geleentheidspreker is prof. Quinton Johnson, kampus-prinsipaal van die Nelson Mandela Metropolitan Universiteit se Saasveldkampus.
Verskeie hoogwaardigheidbekleërs uit die sportwêreld en die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en sport is genooi.
Sportprestasies tussen 1 Oktober 2012 en 31 Oktober 2013 is in ag geneem. Die wenners van sommige kategorieë word outomaties finaliste vir die Wes-Kaap Sporttoekennings, wat later in Kaapstad sal plaasvind.
Volgens die reëlingskomitee is die gehalte van sportprestasies van vanjaar se kandidate besonder hoog, wat toon dat sport in die SWD sterk en gesond is.
Die finaliste is:
- Administrateur: John Bisschoff (majorettes), Barries Barnard (toutrek) en Sarie Exton (atletiek).
- Afrigter: Vic le Grange (atletiek), Petrus Lourens (Toutrek) en Eddie Myners (Rugby).
- Plaaswerker (sport): Dina Pretorius, Avril du Preez en Ben Arends.
- Inheemse sport: Immeraam Malgas.
- Riaan Loots-toekenning: Collegians Rugbyklub.
- Tegniese Uitnemendheid: Rosa-Linda Kock (atletiek), Corné Botha (Fietsry) en André Bezuidenhout (Rolbal).
- Federasie: SWD Toutrek, Suid-Kaap Rolbal, SWD Krieket en Atletiek SWD.
- Sportgemeenskapbouer: Julian Fillies (Oudtshoorn Sportraad), Esther Watson (Oute-
- niqua Rolstoelwedren) en Charmaine Percy.
- Lewenspresteerder: Johan Windt (twee-kamp), Hester Las (netbal), David Arends (bofbal), Rita Wienand (gholf en hokkie) en Jan Plaatjies (plaaswerkersport).
- Ererol: Percival Carelse (krieket), Godfrey May (krieket), Clemment Strydom (rugby), Alfred Mitchell (rugby), Steven Booysen (rugby) en Mann Claassen (rugby).
- Nuweling: Johan Jordans (jukskei), Shirley Schmidt (fietsry) en Atheana Botha (rugby).
- Skolesportman: Jean Heunis (krieket), Georgou Divaris (seiljag) en Warrick Gelant (rugby).
- Skolesportvrou: Mikayla Oliver (fietsry), Charné Beyleveld (karate) en Acantha Philander (majorettes).
- Span: SWD Senior Mans Toutrekspan, Tean Dodds (seiljag) en SWD o.18 Akademie Rugby.
- Vrywilliger: Cyril Williams, Jurgen Coetzee, Henry Rhoode en William Bezuidenhout.
- Skoolspan: Struisies Majorettes, Van Kervel Dogters-toutrek en HS Outeniqua se eersterugbyspan.
- Ontwikkel-skoolspan: Oudtshoorn Vaardigheidskool (toutrek), De Rust Primêre Skool (majorettes) en Gerrit du Plessis (skaak).
- Sportvrou met gestremdheid: Vicky Dene-Ze Scheepers (fietsry), Waynichia Jacobs (atletiek).
- Sportman met gestremdheid: Lukhanyo Mangaliso (atletiek), Blackie Swart (atletiek), Henzelo Makriga (krieket).
- Junior Sportvrou: Anya Verster (gholf), Anuszhka Zaayman (skopboks), Anél Oosthuizen (atletiek) en Christel Williams (rugby).
- Junior Sportman: Micheal Vermeulen (hengel), Marcello Piedt (krieket) en Jovan Rebula (gholf).
- Sportvrou: Elzano Cronje (hengel), Kitty Terblanche (toutrek), Marthrin Simmers (rugby) en Lo-Anne Oosthuizen (karate).
- Sportman: Micheal Pautz (strandhengel), Andrew Light (gholf) en Franciskus van Zyl (hengel).

SWD se senior mans-toutrekspan is genomineer vir sportspan van die jaar.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo | Tuinroete nuus'