Verskeie amptenare van die Wes-Kaapse Departement vir Sport en Kultuursake sal na verwagting die verrigtinge bywoon. Meneer Wessie van der Westhuizen, Uitvoerende Burgemeester van Eden Distriksmunisipaliteit, sal een van die amptelike sprekers wees.
Sportprestasies tussen 1 Oktober 2010 en 4 Oktober 2011 word vir die toekennings oorweeg. Die wenners van sommige kategorieë word outomatiese finaliste vir die Wes-Kaap Sport-toekennings wat op 3 Desember in Kaapstad sal plaasvind. Die wenners daar dring dan deur na die nasionale sporttoekennings wat vroeg volgende jaar gehou sal word.
Die SWDSR Toekennings van die Jaar word in die volgende 22 kategorieë gedoen:
Administrateur, Afrigter, Plaaswerker, Inheemse Sportkode, Riaan Loots, Federasie, Sportgemeenskapsbouer, Span, Mees belowende Sportman- en Vrou, Gestremde Sportman- en Vrou, Junior Sportman- en Vrou, Sportman- en Vrou, Sportlegendes, Media Uitstekendheid, Ererol, "Lifetime Achiever", Erkenning vir Tegniese Uitnemendheid, Uitstekendheid & Uitstyg Toekenning, Inheemse Sportkode van die Jaar en die Sportgemeenskapsbouer van die Jaar.
Vanjaar word die oud- en huidige Springbokke/Proteas van elke sportfederasie weer as gaste genooi. Hierdie persone moet asseblief met hulle onderskeie federasies in aanraking kom as hulle die geleentheid wil bywoon.
Indien u van so 'n persoon weet [of dalk so ‘n persoon is!], laat weet vir Dave van der Walt by 082 773 4901.
Indien die publiek weet van persone wat in hierdie kategorieë pas, moet hulle asseblief die betrokke sportfederasie nader.
Kontak Dirk van der Westhuizen by 044 272 6165 vir meer inligting.

Die SWD Sportman, Louis Oosthuizen, is aangewys as die Wes-Kaap se Sportman vir 2010.