TUINROETE NUUS - Johan Griffioen en vier mans van George het van 30 November tot 5 Desember aan die Munga Equipe-fietswedren deelgeneem en eerste in hulle kategorie, Equipe geëindig.
Die vyf mans, wat aan die Shofar-gemeente behoort, het hierdie geharde wedren voltooi om geld vir hulle kerk in te samel om jeugwerkers in Mosselbaai, Oudtshoorn en George aan te stel.
Griffioen vertel dat hulle geen tegniese foute ondervind het nie, nie siek geword het nie en dat God se guns op die hele wedren gerus het.
"Dit was amazing om tyd saam met 'n groep mans, wat lief is vir Jesus, te spandeer. Ons was buite ons gemaksone gedruk en het baie tyd gehad tydens die wedren met God te gesels."
Wat is die Munga Equipe-fietswedren
- Hierdie fietswedren strek oor 'n afstand van 1 124 km en klim 6 584 m in totaal oor vyf dae.
- Daar is twee kategorieë - individueel en equipe, wat uit vyf spanlede bestaan.
- Die wedren is opgedeel in ses bene.
- Elk van die vyf spanlede voltooi ongeveer 200 km per dag.
- Die laaste been is ongeveer 80 km en moet deur al vyf spanlede op dag vyf voltooi word.
Die span net voordat hulle vir die laaste been, waar hulle as 'n span saamry, weggespring het. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'