SUID-KAAP NUUS - Altesame 16 provinsiale pluimbalspanne van oral in Suid-Afrika gaan die naweek van 4 tot 5 Augustus in Hartenbos aan die SA veterane toernooi deelneem.
Wedstryde sal in die nuwe saal langs die Walvissaal by die Seefront-kompleks gespeel word.
Spanne van Eden (2), Cape Winelands (4), Westelike Provinsie (3), Weermag (2), Limpopo, Grens, Vrystaat (2) en SGBA (Gauteng) in drie afdelings deelneem.
Die toernooi open amptelik op Saterdag 4 Augustus en spel begin op Sondag 5 Augustus. Enigeen kan dit gratis bywoon.
Vir enige navrae bel Jacques Oberholzer by 083 418 6087 of e-pos oberholzer.jacques@gmail.com; Heleen Fourie 071 880 0718 of e-pos heleen@lyners.co.za.
Eden Veterane se B-span vir die Suid-Afrikaanse veterane pluimbaltoernooi. Agter van links: Marius van Huyssteen (Oudtshoorn), Hanlie Alberts (Mosselbaai), Aldo Croukamp (Oudtshoorn), Daleen de Bruyn (George) en Jacques Oberholzer (George). Voor: Rolina Lerm (Oudtshoorn), Christa Croukamp (Oudtshoorn), Almerie Venter (Oudtshoorn) en Attie Henning (Mosselbaai).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'