PLETTENBERGBAAI NUUS - 'n Jong hengelaar van Plettenbergbaai Hengelklub het onlangs daarin geslaag om as die beste O16 hengelaar te eindig tydens 'n Eden hengel dag op Kleinkrantz, Wilderness.
Conner Noble het op 7 Maart vir Plett verteenwoordig tydens die onlangste byeenkoms, die 7de een van die seisoen tot dus ver vir die Eden Hengelassosiasie.
Die toestande was baie gunstig vir hengel en Triton Hengelklub van Mosselbaai het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag.
Die hengelaars het gehengel van 07:00 tot 15:00. Die grootste oneetbare vis is ingeweeg deur Alex Schmidt van Triton en was 'n skeurtandhaai van 176.45kg. Die grootste eetbare vis is geland deur Christiaan Ferreira ook van Triton en was 'n kabeljou van 36.17kg. Die top hengelaar van die dag was Schmidt gewees met 192.44 punte. Koos Gerber van Outeniqua klub in George was die top meester met 46.41punte.
Die top dame van die dag was Mariette Westraad van Stilbaai hengelklub met 26.01punte. Die top onder 21 was Jonathan Wiehahn van Outeniqua met 28.42 punte en die top onder 16 was Conner Noble van Plettenbergbaai met 78.35 punte. Al die visse is lewendig terug geplaas om bewaring te bevorder.
'Ons bring jou die nuutste Plettenbergbaai, Tuinroete nuus'