SUID-KAAP NUUS - The Gourits Groeps-biosfeerreservaat (GCBR), in samewerking met Trisport, bied van 10 – 12 November die nie-tegniese Gourits-biosfeer Trans-Outenique bergfietstoer aan.
Die toer strek oor drie dae waartydens drie bergreekse aangepak word, naamlik die Langeberg, Rooiberg en Outeniquaberg.
Die roete volg grondpaaie en stil teerpadroetes in.
Dit begin by die Pine Creek-oord in Groot-Brakrivier, ry oor Herbertsdale na Vanwyksdorp, oor Calitzdorp na Volmoed buite Oudtshoorn, en van daar oor Herold terug na Pine Creek-oord by Groot-Brakrivier.
Wat die bergfietstoer uniek maak is dat fietsryers die volle afstand kan aandurf, of ‘n aflos-spanmaat kan by die halfpadmerk oorneem.
“Die toer is geskik vir CycloCross-fietse en kan beskou word as uitstekende voorbereiding vir die Epic-fietstoer,” sê Sonja Otto, stigter van Trisport Events.
“Boonop word fietsryers by die eindbestemming vertroetel met ‘n massering, terwyl lekker kos en KleinKaroo gasvryheid.
Dag 1: Die bergfietstoer spring Vrydag 10 November om 07:00 weg by die Pine Creek-oord in Groot Brakrivier tot by die halfwegpunt in Herbertsdale (65 km); die eindpunt is die Rooiberg Lodge in Vanwyksdorp (71 km), altesaam 136 km.
Dag 2: Fietsryers spring om 07:00 weg na die Calitzdorp Spa (40 km); die eindpunt is Die Denne-gastehuis op Volmoed ( 39 km), altesaam 79 km.
Dag 3: Die toer spring om 07:00 weg na Herold (64 km), en voltooi die roete tot by Pine Creek-oord in Groot-Brakrivier (59 km), altesaam 123 km. Die totale afstand is 338 km.
Koste
Die inskrywingsfooi vir ‘n span van twee fietsryers beloop R4000, en vir ‘n individue R2000.
Die fooi sluit ‘n geskenkpakkie en ligte middagete by die halfpadmerk in, maar nie verblyf nie.
Twee watertafels per been, mediese dienste en ‘n besemwa sal beskikbaar wees.
Kontak
Bespreek op Trisport se webblad www.trisport.co.za of kontak Sonja Terrreblanche-Otto by sonja@trisport.co.za of 082 579 7595, of janine@trisport.co.za.
Meer inligting oor beskikbare verblyf in Vanwyksdorp en Volmoed is op die webblad beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'