Update
SPORT NUUS - Eden-fietsryvereniging se nasionale jeugfees-fietsrykampioenskappe het Maandag 11 Julie in Oudtshoorn weggespring wat fietsryers van al nege provinsies insluit.
Volgens Sonja Schultz, sekretaresse van Eden-fietsryvereniging het meer as 200 fietsryers aangetree vir Maandag se kriterium-wedrenne wat in Bridgton by die NG kerk plaasgevind het.
Die tydtoets- en padfietswedren was Dinsdag by Highgate-volstruisplaas, gevolg deur die bergfietsren wat die volgende dag by die Oudtshoorn-ovaalbaan weggespring het.
Schultz het gesê dat bykans 1 500 mense by kampioenskappe opgedaag het om die fietsryers te ondersteun wat 'n groot finansiële inspuiting vir Oudtshoorn was.
Vorige artikel: Nasionale jeugfees-fietsrykampioenskappe
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'