Eden (SWD) se o.14A-span het die 13 km in 24:23 afgelê en daarmee vir Vrystaat (24:25) en WP (24:48) geklop.
Die o.16-spanne het ook hul staal gewys en die kompetisie uitgestof. Eden-1 spog met `n tyd van 24:28 in die 13 km-ren en Eden-2 met 26:13.
Die o.16 Interprovinsiale span het vir groot opwinding gesorg toe hulle met `n breukdeel van `n sekonde deur die WP-span geklop is.
Eden o.16 Interprovinsiale span is Earton de Leeuw, Ferdinand Marnewill, Louis Visser, Eckard Binding, Micheal Pretorius, Heins Mattemeier en Keanu Slinger, saam met Dave van der Walt.
Eden Junior Interprovinsiale span: Jason Campbell, Kyle de Wet, Rynhard Jacobs, Hanri Terblanche, Aiden van Niekerk en Christiaan Viljoen.
'Ons bring jou die nuutste Eden-distrik nuus'