KNYSNA NUUS - Die Eden-skaakkampioenskappe het die afgelope Saterdag by Knysna Sekondêr plaasgevind met onder meer Oudtshoorn, Hessequa, Mosselbaai, George, Kannaland, Plettenbergbaai en die tuisdorp, Knysna wat deelgeneem het.
Van die skole wat deelgeneem het, was Hornlee Primêr, Knysna Primêr, Concordia Primêr, Rheenendal Primêr, Fraaisig Primêr en Plettenbergbaai Primêr tesame met Hoërskool Knysna en Knysna Sekondêr.
In totaal het 31 skole meegeding met sowat 409 spelers wat mekaar in verskillende ouderdomsgroepe die stryd aangesê het.
Die dag is goed ondersteun deur ouers, vriende en familie wat heeldag by die skool uitgespan het om die spelers te ondersteun.
In die skoolsaal waar die aksie plaasgevind het, kon mens skaars 'n speld hoor val soos die spelers hard gekonsentreer het om mekaar strategies uit te oorlê.
Die toptwee spanne per ouderdomsgroep gaan Eden verteenwoordig by die Wes-Kaapse topskole kampioenskappe wat 31 Augustus en 1 September in Oudtshoorn by Bridgton Sekondêr gespeel sal word.
By hierdie toernooi sal die Weskus, Eden, Overberg, Cape Winelands, Cape Town Chess en Sentraal Karoo-streke teen mekaar te staan kom.
Kom ons kyk wat sal sy reaksie wees as ek my pion met twee blokkies vorentoe skuif... Foto's Wyndham Ewerts
Die skole wat deurdring na die volgende ronde is as volg:
o. 7 - ope
- Holy Cross Primêr
- Laerskool George-Suid
o. 9 - ope
- Holy Cross Primêr
- George Voorbereiding
o. 9 - dogters
- Holy Cross Primêr
- PJ Badenhorst Primêr
o. 11 - ope
- Holy Cross Primêr
- Laerskool Outeniqua
o. 11 - dogters
- Laerskool George-Suid
- Laerskool Blanco
o. 13 - ope
- Holy Cross Primêr
- Laerskool George-Suid
o.13 - dogters
- Voorwaarts Primêr
- Diaz Primêr
o.15 - ope
- Hoërskool Outeniqua
- Hoërskool Sao Bras
o.15 - dogters
- Hoërskool Sao Bras
- Excelsior VGK Primêr
o.18 - ope
- Hillcrest Sekondêr
- Hoërskool Punt
o.18 - dogters
- Hoërskool Langenhoven
- Hoërskool Sao Bras
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’