PLETTENBERGBAAI SPORTNUUS - Plettenbergbaai se Bachle broers het weereens in 'n Eden Hengelassosiasie kompetisie geseëvier met die onlangse kompetisie wat in Boggomsbaai aangebied is.
Op 1 Februarie het die Eden Hengelassosiasie se sesde hengelkompetisie plaasgevind.
Die toestande was weer baie gunstig vir hengel en Outeniqua Hengelklub van George het weereens daarin geslaag om op die betrokke dag die beste te vaar. Die hengelaars het van 07:00 tot 15:00 gehengel. Die grootste oneetbare vis is deur Danie Lodewyk van Triton hengelklub ingeweeg. Die vis was 'n bulrog pylstert van 83.29kg.
Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 6.44kg, is deur Thys Bester van Outeniqua in George geland. Die top hengelaar van die dag was Andre Grundling van George Hengelklub met 91.51 punte. Steve Denny van Triton-klub in Mosselbaai was die top meester met 59.88 punte en Peet May van Mosselbaai klub was die grootmeester van die dag met 6.22 punte.
Die top dame van die dag was Nicole Craus van die George hengelklub met 14.09 punte. Die top onder 21 was Michael Bachle van die Plett hengelklub met 57.57 punte en die top onder 16 was weereens Christiaan Bachle van Plett met 20.30 punte.
'Ons bring jou die nuutste Plettenbergbaai, Tuinroete nuus'