SUID-KAAP NUUS - Die junior SWD-speler Brian Jack, 'n leerder van Beaufort Wes, het die Cobras Cubs-krieketspan tydens die Krieket SA konsessie cubs-week in Stellenbosch verteenwoordig.
Die krieketweek het van Maandag 1 Januarie tot Vrydag 5 Januarie plaasgevind. SWD is verder verteenwoordig deur Gurshwin Rabie, wat die span afgerig.
Die Cobras Cubs is saamgestel uit spelers van die Westelike Provinsie, Boland en SWD, wat gedurende Desember aan die Coca Cola Khaya Majola krieketweek in Johannesburg deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'