TUINROETE NUUS - Minke Janse van Rensburg (spesiale behoefte-atlete) het 'n wêreldrekord laat spat tydens die afgelope SA tweekampkampioenskappe.
Johan Windt en Damian Smith het Mosselbaai se naam hoog gehou. Windt het nie net die meester-mansafdeling gewen nie, maar ook 'n nuwe SA rekord opgestel. Damian Smith het 'n goue medalje in die afdeling vir atlete met spesiale behoeftes gewen.
Die 2019 Highgate Eden-tweekampspan, bestaande uit 72 atlete het by die 44ste SA kampioenskappe in Port Elizabeth teen 827 atlete vanuit 14 provinsies en streke in Port-Elizabeth deelgeneem.
Eden se medaljewenners is Johan Windt (meestersmans - goud en SA-rekord), Reynard Janse van Rensburg (seuns o/17 - silwer), Tanya Osborne (veterane-vroue - brons), Damian Smith (spesiale behoefte-atlete - goud) en Minke Janse van Rensburg (spesiale behoefte-atlete - goud).
Ander atlete wat ook puik presteer het, is André Kleynhans, Anlizé Vermeulen en Edie Lutch (almal vierde), Pieter van der Mescht (vyfde) eJohan Windtn Cliff Wallace (sesde).
Eden is aangewys as die vierde beste tweekamp-provinsie na WP (wenners), OP (tweede) en Boland (derde). In die proses reken Eden met groot provinsies soos Guateng-Noord, Sentraal Gauteng, Vrystaat, Noordwes, KZN en Limpopo af.
Johan Windt.
In die skolekompetisie het Hoërskool Outeniqua vierde en Hoër Landbouskool Oakdale sewende in die hoërskole-afdeling geëindig. In die laerskole-afdeling was Knysna Primêr 10de en Plettenbergbaai Primêr, 11de.
Tydens die prysuitdelingseremonie is die SA tweekampvlag amptelik deur OP aan Stephnie McKay (Eden-tweekampvoorsitter) simboliese oorhandig. Eden-tweekamp bied in 2020 die 45ste SA kampioenskappe in Oudtshoorn aan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'