ATLETIEK NUUS - Laerskool Outeniqua is besonder trots op Megan Botha en Karlien Oelofse wat puik prestasies gelewer het tydens die SA atletiekkampioenskappe.
Die dogters se karakter, toewyding, harde werk en talent het vir 'n uitnemende atletiekseisoen gesorg.
Die o. 11 Wes-Kaapse dogtersaflosspan het die skare op hulle voete gehad toe hulle die rekord wat in 1998 opgestel is, geëwenaar het.
Megan Botha
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’