ATLETIEK NUUS - Junior atlete van Eden het die streek trots gemaak tydens twee nasionale atletiekkampioenskappe wat onlangs gehou is.
Die Eden-laerskolespan, wat deel vorm van die WP-span, het op 22 Maart na Beaufort-Wes vertrek en vandaar saam met die spanlede van die WP- en Boland na Limpopo. Daar is by Hoërskool Pietersburg se koshuis tuisgegaan.
Sondag 24 Maart het die verwelkomingseremonie by die Oscar Mpetha-stadion op die sportterrein van die Universiteit van Limpopo, plaasgevind.
Caren du Preez, spanbestuurder van dogters, het gesê almal het goeie samewerking gegee - van die bestuur (WP, Boland en Eden), beamptes tot ouers en heel belangrikste die atlete. "Ons was een span en het een doel voor oë gehad."
Slegs die eerste drie atlete het medaljes ontvang, maar daar was soveel plekke tot nommer 20 uit letterlik duisende leerders.
Die WP-span het altesaam 70 medaljes gewen. Dit sluit in 32 goues, 20 silwermedaljes en 18 bronsmedaljes.
'n Paar Eden/Oudtshoorn-uitslae in die laerskole afdeling:
Laerskool Laurus in Oudtshoorn
- Nickyle Augustus S/11: 80 m - 1ste goud; 100 m - 2de silwer; aflos - 3de brons; verspring - 4de
Laerskool Wesbank in Oudtshoorn
- Helena Lourens D/10: 1 200 m - 2de silwer
- Sion Tome S/10: hoogspring - deelname
Laerskool Hartenbos
- Nianke Fourie D/10: verspring - 1ste goud met nuwe rekord - sy word ook aangewys as die: beste dogter, veldatleet; 80 m - 2de silwer; Aflos - 2de silwer
- Maria Wolfaardt D/13: gewigstoot - 4de; diskus - 9de
- Jana Terblanche D/13: spiesgooi -11de
Laerskool Outeniqua
- Karlien Oelofse D/13: gewigstoot - 3de brons
- Judah Spies S/10: 1 200 m - 5de; gewigstoot – deelname
- Wanru Haasbroek S/11: gewigstoot - deelname
Laerskool George-Suid
- Hayley Joseph D/13: deelname
- Annebel van der Merwe D/10: gewigstoot - 4de met afstand van 9,62 m
- Fourie Kotzee S/13: gewigstoot - 3de brons
- Esri Kotzee D/10: gewigstoot - 1ste goud, met nuwe rekord van 10,20 m (ou rekord:10,09 m)
Mzoxolo Primêre Skool
- Junior Mogqala S/13: 1 500 m - deelname
Pacaltsdorp Primêr
- Cheveronica Kamfer D/10: 70 m hekkies finaal - 6de
- Eston Jordaan S/10: verspring - 7de Brackenhill, Knysna
- Everenchia Goliath D/10: 1 200 m - 5de
Knysna Primary
- Requelme Juicy S/12: hoogspring - deelname
- Jade Gelant D/11: hoogspring - 6de
Laerskool Sedgefield
- Madison Smith D/13: verspring - 6de; hoogspring - 10 de
Laerskool Plettenbergbaai
- Mohammed Tanje S/10: hoogspring - 7de
Laerskool Park
- Lara Brown D/13: 800 m - 11de
- Miané Schutte D/11: 70 m - deelname
Milkwood Primary
- Jessica van Zyl D/12: gewigstoot - deelname
Laerskool Diaz
- Tyroyd Arendse S/12: 1 200 m - deelname
Die Westelike provinsie se atlete.
Die ASWD-span se deelname aan die 2024 ASA o.16, o.18, o.20 en o.23 kampioenskappe.
Die ASWD-span het die naweek van 21 Maart by Pilditch in Pretoria aan die ASA kampioenskappe deelgeneem.
Christo Vrey, voorsitter van die afrigtingskomitee van ASWD, het gesê atlete van die ASWD-span het altesaam 11 medaljes gewen waaronder vier goue medaljes.
Oor die laaste 10 jaar is dit die meeste hoeveelheid goue medaljes wat die span gewen het. Volgens hom was dit 'n goeie uitkoms. In die proses is nege nuwe SWD-rekords opgestel.
Hy het gesê daar is goeie momentum. Die rede vir die sukses is 'n kombinasie van die poging tussen die afrigters en die atlete.
Na verwagting sal die goeie prestasies in die nuwe seisoen voortgesit word. Die voorseisoen begin in Oktober. Van die atlete het ook SWD-rekords opgestel.
Dit is nie uitgesluit dat van die atlete opgeneem sal word in die SA junior span wat later aan die Wêreld Junior Kampioenskappe gaan deelneem.
Van die presteerders is: Lenka Viljoen (gewigstoot), Jayden Fourie (verspring), Zian du Plessis (gewigstoot), Jacobus van Rensburg (gewigstoot), Mieke Coetzee (hamergooi), Lenka Viljoen (spiesgooi), Ray-Jordan Schoeman (300 m-hekkies), Thinus Erasmus (1 500 m), Tatyana Viljoen (paalspring), Lizaan Brand (paalspring), Gillian Hector (paalspring), Marco Lesch (100 m-hekkies) en Jacobus du Plessis (1 500 m).
Die WP-span, die atlete en die bestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’