NASIONALE NUUS - Op Woensdag 14 Augustus vier Suid-Afrika weer Afrikaanse Taaldag en Afrikaans.com moedig jou aan om Afrikaans te praat, te lees, te koop en te leef.
Een manier om jou bydrae te lewer, is om ’n Afrikaanse boek of twee (of drie), aan te skaf.
Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, is ? konsep wat in 2005 deur die Vriende van Afrikaans (VVA) uitgedink is en ’n inisiatief waaraan van die uitgewers en boekwinkels graag deelneem.
Koop jy op daardie dag ’n Afrikaanse boek, ondersteun jy boonop Afrikaans, Afrikaanse skrywers en die Afrikaanse boekbedryf.
As jy nie vir jouself ? boek wil koop nie, koop dan vir ? vriend, jou dorpsbiblioteek, skoolbiblioteek of kleuterskool, en verryk so iemand anders se lewe.
Hoekom juis 14 Augustus?
Die eerste Afrikaanse Taalbeweging het op 14 Augustus 1875 begin toe die Genootskap van Regte Afrikaners in die Paarl gestig is, dus ‘n gepaste dag om Afrikaanse skrywers, boeke, uitgewers en boekwinkels te ondersteun.
14 Augustus is Afrikaanse Taaldag.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'