TUINROETE NUUE - Spring gou en spaar op dagkaartjies vir die KKNK se Feesmark.
Dié kaartjies kos nog tot Vrydag 31 Januarie slegs R100 per persoon. Toegang vir kinders tussen 7 en 13 is R50 en gratis vir kinders onder sewe jaar, met ouerbegeleiding.
In die Feesmark kan jy uitsien na musiekgunstelinge op twee verhoë, wonderlike kinderteater, Blitsteater se kort teaterproduksies, hope stalletjies, heerlike eetgoed, kroeë en vele meer!
Bring die gesin en kuier saam van vroegoggend tot laataand.
Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, word van 1 tot 6 April in Oudtshoorn aangebied, met 'n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’