TUINROETE NUUS - Die tweede Eden-driekampbyeenkoms van die seisoen is verlede Sondag, 1 Desember, goed deur atlete en belanghebbendes ondersteun.
Daar is geswem, gehardloop en fietsgery vir die vale by Groot-Brakrivier, die speelgrond van die driekamper.
Met 'n lieflike Desembervakansie wat voorlê het atlete baie tyd om te oefen vir die volgende byeenkoms op 12 Januarie, wat deel vorm van die reeks waaruit die Eden-driekampspan gekies word om die streek by die nasionale byeenkoms te verteenwoordig.
Gaan loer gerus op www.edentriathlon.co.za vir verder inligting asook die volledige uitslae.
Super naelren (super sprint) - (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
Mans/seuns:
- Johannes Brink 35:31
- Noah Habib 38:53
- Cameron McEwan 41:43
Vroue/dogters:
- Ianè Joubert 44:37
- Jonelle Bester 55:52
- Elaine Schuin 57:28
Naelren (sprint) - (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans:
- Sebastian Swart 1:03:08
- Jeandre Swanepoel 1:08:20
- Dawie van Rensburg 1:12:38
Vroue:
- Karli Lötter 1:07:48
- Amelia Manning 1:11:23
- Melissa van Rensburg 1:16:15
Standaard - (1 500 m-swem, 40 km-fietsry, 10 km-hardloop)
Mans:
- Rick Matter 2:10:37
- Dehan Nagel 2:15:27
- Deon Buhrs 2:19:54
Vroue:
- Elrita Blignaut 2:30:53
- Esrie Loock 2:33:00
- Milah de Klerk 2:35:32
Standard AquaBike - (1 500 m-swem, 40 km-fietsry)
Mans
- Fred van Zyl 1:47:08
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’