KNYSNA NUUS - Laerskool Knysna se netbalbane was die afgelope Saterdag, 20 Junie, 'n miernes van bedrywighede toe die spelers van agt plaaslike spanne aan die Blue Ribbon en Zelri-netbaltoernooi deelgeneem het.
Die Knysna Loeries het in die o.13-afdeling geseëvier terwyl Zelri die o.15-afdeling gewen het.
Die finale uitslae was:
Juniors
- Zelri
- Knysna Loeries
- Plett Juniors.
o.13
- Knysna Loeries
- Zelri
- Plett Juniors
- Rheenendal
0.15
- Zelri
- Knysna Loeries
- Knysna Laerskool
- Winter Roses
Knysna Loeries, wenners van die o.13-afdeling. Links staan die afrigter, Larry Ackerman.
Lebo Matshaya (Knysna Laerskool) rank hoog in die lug om die bal te bemeester met Zelri se Katelyn Chan (links).
Zelri, wenners van die o.15-netbaltoernooi. Foto's: Hugo Redelinghuys
Lebo Matshaya (Knysna Laerskool) spring hoog in die lug om Kecia Borchards (Zelri) se doelskoot te keer. Regs staan Aneeqa Loxton.
Die akrobatiese Shady-Leigh Kryhans kry die bal onder beheer.
Finn Sheridan (Zelri) gryp na die bal met Knysna Loeries se Bianca Motha (regs) wat verdedig.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’