KNYSNA NUUS - Herman Bosman, 'n inwoner van Knysna, het vanaand 20 November, sy dorp se vlag hoog laat wapper toe hy R1 miljoen gewen het op die gewilde DSTV-program "Wie word 'n Miljoener" op kanaal 144.
Die program word in Afrikaans aangebied en Bosman is ook die eerste persoon van die Suid-Afrikaanse weergawe om 'n miljoen te wen.
Elke deelnemer moet 15 vrae korrek beantwoord en mag vier hulplyne gebruik om die groot prys van R1 miljoen te wen.
Bosman, wat 'n ingeneur van beroep is, het sy finale vraag beantwoord nadat hy sy ma, Vida Bosman, gebel het vir die laaste hulplyn.
Sy het hom nie teleurgestel nie, wat hom gehelp het om die wenvraag korrek te beantwoord om die wengeld in sy sak te steek.
Bosman en sy verloofde beplan om van die wengeld te gebruik om 'n nuwe bakkie vir hulle blomme-boerdery te koop.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’