OUDTSHOORN NUUS - Die Highgate interprovinsiale tweekampbyeenkoms is vanjaar vir die 33ste keer in Oudtshoorn aangebied, en was in meer as een opsig 'n reusesukses.
Volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder van Klein-Karoo Atletiekfonds, het deelnemers die byeenkoms as een van die bestes nóg beskou.
Die geleentheid het ook geskiedenis gemaak het met die voltooiing van 'n dak oor die NA Smit-swembad, die eerste in die fasiliteit se bestaan.
Altesaam 560 deelnemers het in koelerige Oudtshoorn-weer aan die byeenkoms deelgeneem.
Een SA rekord en nege Highgate-rekords is verbeter, terwyl talle atlete hul persoonlike beste prestasies verbeter het.
Nuwe Highgate-rekordhouers
- Simeon Bezuidenhout (Eden)
- Pierre Spies (Eden)
- Rowan Marais (WP)
- Archie Markgraaf (SFS)
- Ava Kruger (Boland)
- Helene Lombaard (OP)
- Ninah Weddersbum (OP)
- Sunee Pretorius (WP) - wat ook 'n SA rekord verbeter het.
- Kathleen Gey van Pittius (Boland)
Eden blink uit
Eden het met 22 medaljes gespog, ses goud, nege silwer en sewe brons, terwyl atlete met spesiale behoeftes ook ses medaljes verower het.
Pierre Spies het nie net 'n Highgate-rekord verbeter nie, maar is ook as junior victor ludorum aangewys.
Melissa Meyer het die beste prestasie in die hardloopitem gelewer.
Boland het die spankompetisie gewen, met WP tweede en Eden derde.
Eden se medaljewenners
- o. 8
Meisies: Bea Kitching (silwer)
Seuns: Simeon Bezuidenhout (goud - Highgate-rekord)
- o. 9
Meisies: Ella Coetzee (brons)
Seuns: Liam de Wet (silwer)
- o. 11
Meisies: Misha Meyer (brons)
Seuns: Bastiaan Botha (silwer)
- o. 13
Seuns: Benjamin Bond (goud)
Daniel van Wyngaard (silwer)
- o. 15
Meisies: Keyla Douglas (silwer)
Seuns: Pierre Spies (goud - Highgate-rekord)
Hallett Swanepoel (silwer)
Ruan Share (brons)
- o. 19
Meisies: Lizandri Koen (silwer - kaptein)
Senior en meesters
Seniordames: Melissa Meyer (silwer)
Juniordames: Cornel Kruger (silwer)
Meesterdames 40+: Liesel Buitendag (brons)
Meestermans 40+: Marsel Roos (goud) Jeandre Swanepoel (silwer)
Meesterdames 50+: Seanette Botha (brons)
Meestermans 50+: Johannes Jordaan (brons)
Meestermans 60+: Louis Botha (goud)
Meestermans 70+: Johan Windt (goud)
Spesiale behoefte-atlete
- Michele Lombard
- Elizabeth Botes
- Miena Baardman
- Maja Ehlers
- Jannie Lourens
- Danie Botes
Skolekompetisie
In die skolekompetisie het Eden gewys dat die toekoms belowend lyk.
Laerskole: Laerskool George-Suid wen, met Laerskool Outeniqua tweede.
Hoërskole: Hoërskool Outeniqua tweede, met Hoër Landbouskool Oakdale derde.
Highgate 2026-trofeewenners
- Junior victrix ludorum: Kayla van der Merwe (WP) - 2 124 punte
- Junior victor ludorum: Pierre Spies (Eden) - 2 105 punte
- Senior victrix ludorum: Kathleen Gey van Pittius (Boland) - 2 169 punte
- Senior victor ludorum: Paul Roux (WP) - 2 127 punte
Volgende hoogtepunt
Die fokus skuif nou na die SA tweekamp-kampioenskappe wat op 20 en 21 Maart 2026 in Oudtshoorn plaasvind, waar
14 provinsies mekaar die stryd sal aansê.
Swemmers tydens die Highgate-tweekamp. Foto's: Louise Mouton
Atlete spring weg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’