Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Nuusredakteur van die Mossel Bay Advertiser, Cornelle Carstens het vandag met professor Erwin Schwella, verbonde aan die Skool van Sosiale Innovasie by die Hugenote Kollege, oor die plaaslike verkiesing gesels.
Schwella was voorheen verbonde aan Stellnbosch Universiteit se Skool vir Publike Leierskap.
Hy is ‘n kenner in regeerkunde, met ‘n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse opset.
Carstens het Schwella tydens die onderhoud gevra om vanaf ‘n makro- na ‘n mikroperspektief oor die huidige stand van sake wat die plaaslike regeringsverkiesing betref, te gesels. In die onderhoud, praat Schwella oor hoe dinge nasionaal en provinsiaal lyk.
Hy eindig die gesprek met ‘n kykie na leierskap in die Suid-Kaap, veral met betrekking tot Mosselbaai, George en Oudtshoorn. Schwella besit eiendom op Mosselbaai en is betrokke in die plaaslike gemeenskap wat sosiale innovasie betref.
Kyk die video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'