TUINROETE | KAROO NUUS - Die 27ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) word van 1 tot 9 April 2023 in Oudtshoorn aangebied en programvoorstelle vir dié fees word ingewag.
Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK nooi alle kreatiewe skeppers, kunstenaars, vervaardigers en musikante uit om voorstelle vir volgende jaar se KKNK in te dien. Hulle wil graag innoverende en kreatiewe voorstelle op die feesprogram insluit.
Die programspan stel belang in teater, musiek, straatteater en -kuns, visuele kuns, optredes op die feesterrein se musiekverhoë, opelugkonserte, asook Klein Karoo-ervarings wat die Klein Karoo en Oudtshoorn se natuurskoon, geskiedenis en gehalte produkte sal vertoon.
Die fees skep ook platforms vir nie-professionele of amateur optredes en die fokus sal volgende jaar veral op Oudtshoorn en sy omgewing val.
Interessante voorstelle vir gespreksreekse of kreatiewe werksessies kan direk aan Theart gestuur word by hugo@kunste.org.za, asook idees wat geoormerk kan word vir toekomstige ontwikkeling vir die fees in 2024 en 2025.
Programvoorstelle kan so gou moontlik aanlyn ingedien word, behalwe indien anders vermeld, en die proses is eenvoudig. Die voorstelvorm, asook ’n volledige lys van programriglyne, is beskikbaar by www.kknk.co.za. Dié vorm moet volledig ingevul word.
Die sluitingsdatum vir alle voorstelle is Sondag 11 September 2022.
Vir enige algemene navrae, kontak Lizané Basson by lizane@kunste.org.za of 044 203 8600 en met enige navrae oor die programriglyne, of spesifieke voorstelle of idees vir programinhoud, kontak Theart direk by hugo@kunste.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'